top of page

Ons Klassies

Ons hou ons klassies klein vir intieme aandag. Elke klas het 'n juffrou asook 'n assistent.

Hasies.png

Hasies & Eendjies

3 tot 8 maande 

5 Babatjies per klas

8 tot 12 maande

5 Babatjies per klas

Ons skep ‘n huislike, vrolike en liefdevolle omgewing vir die babatjies. In hierdie klas is higiëne uiters belangrik. Ons begin baba in ‘n goeie eet, drink en slaap roetine kry.

Ons fokus op hulle mylpale en pas aktiwiteite volgens mylpale aan.

Ons integreer sensoriese of tasstimulasie deur middel van bloodstelling aan verskillende  teksture. Goeie kinestesie veroorsaak dat kinders voldoende terugvoer ontvang vanwaar hulle ledemate hul in die ruimte bevind.

Ons ontwikkel ook doeltreffende oogkoördinasie deur middel van spel en lekker oefeninge met eenvoudige apparat soos helium balonne, bubbles ens.

Bilaterale integrasie en lateraliteit vorm ook ‘n groot deel van ons daaglikse programmetjie. Ons speel baie speletjies waar ons midlynkruising aanmoedig deur middel van rol, die bal met die teenoorgestelde handjie vat, kouse van hande en voete aftrek, kolle aftrek.

Ons bevorder ook ruimtelike oriëntasie , deur middel van aktiwiteite soos linte aan hoepels oor hulle te laat sak, deur voorwerpe te kruip, bo oor goed te klim, onder deur te seil. Ons trek ons babatjies op komberse en swaai hulle gereeld. Hierdie aktiwiteite bevorder ook balans.

Ons doen ook taalontwikkeling met hulle deur middel van boekies lees en eenvoudige voorwerpe te benoem, liedjies te sing. Ons doen ook lekker eenvoudige musiek instrumente, om musiek waardering aan te moedig.

Ons doen ook fynmotoriese koördinasie oefeninge met hulle soos om blokkies op mekaar die pak, voorwerpe in ‘n houer te sit of uit ‘n houer te haal. Ons frommel en skeur verskillende teksture of papier. Later leer ons om ‘n bal te rol en gooi.

 

Ons doen babamasering tydens doekruiltyd met ferm diep drukking, ons benoem liggaamsdele tydens massering om liggaamsbewustheid aan te moedig.

Bokkies.png

Bokkies & Skapies

1 tot 2 Jaar

10 Peuters per klas

In die klassie skep ons ‘n huislike en liefdevolle omgewing, waar elke peuter die geleentheid kry om optimaal te ontwikkel. Die hooffokus in die peutergroep is die ontwikkeling van sosiale-en motoriese vaardighede asook taal.

Elke peuter kry die geleentheid om hulle ontwikkelingsmypale op hulle eie tyd te bereik. Hier leer peuters om daagliks roetine te volg.

Wanneer die tyd reg is, sal die personeel ook begin met “potty-training”. Hierdie is ‘n baie spesiale en belangrike mylpaal.
 

Hondjies.png

Hondjies & Katjies

2 tot 3 jaar
10 Kleuters per klas

In die klassie leer ons om ‘n bietjie meer selfstandig te word. Ons leer ook hoe om dinge vir ons self te probeer doen. Ons leer van deel en jou beurt afwag, dankie, asseblief sê en algemene goeie maniere.

Slaap, eet, badkamer asook buite speel is deel van hul daaglikse roetine waaraan die kinders blootgestel word. Kleuters voel veilig as hul weet wat gaan volgende gebeur.

Gedurende klastyd kry ons die geleentheid om met opvoedkundige speelgoed te speel wat ons vingers, hande en skouertjies sterk maak en help om te ontwikkel. Ons speel en lag en word vuil, terwyl ons die wêreld ondek, beleef en geniet.

 

Kleuters word aangemoedig, geprys en gehelp om die regte keuse te maak en te groei tot die jong mensie wat hy / sy kan wees.
 

Krappies.png

Krappies & Perdjies

3 tot 4 jaar

10 Kleuters per klas

4 tot 5 jaar
15 Kleuters per klas

In die klassie bied 'n liefdvolle, veilige omgewing en die vryheid om te leer. Klim-en-klouter, op ons tone loop, op een been spring en balanseer, leer ons hoe ons lyfies kan beweeg. Hier leer hul om takies op hul eie aan te pak. Ons is selfstandig tydens badkamer roetine, trots op ons werk en wat ons doen en neem verantwoordelikheid vir ons aksies.

Sosiale & Emosionele Doelwitte:

•    Ons kan deel met ander
•    Gretig om te help
•    Om reëls te volg begin ons verstaan
•    Ons hou van saam ander speel

 

Classroom with utensils

Naskool

Nie meer as 10 maatjies

  • Afhaal by laerskool en vat na hul buitemuurse aktiwiteite teen 'n fooi.

  • Hulp met die voltooi van huiswerk

  • Aanleer van spelwoordjies en wiskunde vir klastoetsies

*Dagbesoekers en Vakansiebesoekers welkom

bottom of page