top of page
TJ KLASSIES.png

By Tjokkerjol hou ons ons klassies klein sodat elke maatjie intieme aandag en persoonlike begeleiding kan kry. Elke klas word gelei deur ’n gekwalifiseerde juffrou, ondersteun deur ’n assistent wat saam sorg en liefde gee. Ons personeel is volledig opgelei in noodhulp en vuurbestryding, sodat jy met gemoedsrus kan weet jou kind is in veilige hande.

Colorful Bunny Figurines

Hasies & Eendjies

3 tot 8 maande 

5 Babatjies per klas

8 tot 12 maande

5 Babatjies per klas

👶 Ons Babaklas
Ons skep ’n huislike, vrolike en liefdevolle omgewing waar babatjies veilig kan groei. In hierdie klas is higiëne ’n prioriteit, en ons help elke baba om ’n gesonde roetine van eet, drink en slaap te ontwikkel.

🌱 Groei en mylpale
Ons fokus op elke baba se ontwikkelingsmylpale en pas aktiwiteite daarvolgens aan. Sensoriese en tasstimulasie word geïntegreer deur blootstelling aan verskillende teksture, wat hulle ruimtelike bewustheid en kinestesie versterk.

👀 Koördinasie en spel
Met eenvoudige hulpmiddels soos helium-balloontjies en borrels bevorder ons oog-hand-koördinasie en balans. Bilaterale integrasie en midlynkruising word aangemoedig deur speletjies soos rol, bal-oefeninge en eenvoudige hand- en voetaktiwiteite.

🌍 Ruimtelike oriëntasie
Ons babatjies ontdek die wêreld deur te kruip, klim, seil en swaai. Hierdie aktiwiteite bevorder balans en ruimtelike oriëntasie, terwyl ons hulle ook op komberse trek en lekker laat lag.

🎶 Taal en musiek
Ons lees boekies, benoem eenvoudige voorwerpe en sing liedjies om taalontwikkeling te stimuleer. Met eenvoudige musiekinstrumente ontdek hulle die vreugde van klank en ritme.

🖐️ Fynmotoriese vaardighede
Ons oefen fynspier-koördinasie deur blokkies te pak, voorwerpe in en uit houers te plaas, papier te frommel en skeur, en later balle te rol en gooi.

💆 Babamasering
Tydens doekruiltyd doen ons babamasering met ferm, diep drukking. Ons benoem liggaamsdele om liggaamsbewustheid te bevorder en gee elke baba ’n gevoel van geborgenheid.

Toy Deer Figurines

Bokkies & Skapies

1 tot 2 Jaar

10 Peuters per klas

🧸 Ons Peutergroep

In die peuterklas skep ons ’n huislike, liefdevolle en vrolike omgewing waar elke maatjie die kans kry om optimaal te ontwikkel.

🌱 Fokus van die groep

Ons hooffokus is die ontwikkeling van:

  • Sosiale vaardighede – leer saam speel en deel

  • Motoriese vaardighede – groot en fyn bewegings

  • Taalontwikkeling – nuwe woorde, klanke en kommunikasie

⏳ Groei op eie tempo

Elke peuter kry die geleentheid om sy of haar ontwikkelingsmylpale op eie tyd te bereik. Ons help hulle om ’n daaglikse roetine te volg wat veiligheid en stabiliteit bring.

🚽 ’n Belangrike mylpaal

Wanneer die tyd reg is, ondersteun ons personeel ook die proses van “potty-training”. Dit is ’n baie spesiale en betekenisvolle stap in elke peuter se ontwikkeling, en ons hanteer dit met geduld en liefde.

Dog Bone Treats

Hondjies & Katjies

2 tot 3 jaar
10 Kleuters per klas

🌟 Ons Kleuterklas
In die kleuterklas leer ons maatjies om meer selfstandig te word en dinge vir hulself te probeer doen. Hier ontdek hulle die waarde van deel, beurt afwag, asseblief en dankie sê, en ander goeie maniere wat ’n sterk grondslag vir die toekoms bou.

🕒 Daaglikse roetine
Slaap, eet, badkamer en buitespeel is deel van hul daaglikse ritme. Kleuters voel veilig wanneer hulle weet wat volgende gaan gebeur, en roetine gee vir hulle stabiliteit en geborgenheid.

🎲 Leer deur spel
Gedurende klastyd gebruik ons opvoedkundige speelgoed wat vingers, hande en skouers sterk maak en ontwikkeling bevorder. Ons speel, lag en word soms lekker vuil terwyl ons die wêreld ontdek, beleef en geniet.

🌱 Groei en keuses
Ons kleuters word voortdurend aangemoedig, geprys en gehelp om die regte keuses te maak. Só groei hulle tot die jong mensies wat hulle bestem is om te wees, selfversekerd, liefdevol en vol vreugde.

Learning With Flashcards

Krappies & Perdjies

3 tot 4 jaar

10 Kleuters per klas

4 tot 5 jaar
15 Kleuters per klas

🌈 Ons Kleuterklas
In hierdie klassie bied ons ’n liefdevolle en veilige omgewing waar kleuters die vryheid kry om te leer en te ontdek.

🏃 Beweging en selfstandigheid
Klim en klouter, op tone loop, op een been spring en balanseer, hier leer kleuters hoe hul lyfies kan beweeg. Hulle kry die kans om takies self aan te pak, word meer selfstandig tydens badkamer-roetine, en leer om trots te wees op hul werk en verantwoordelikheid vir hul aksies te neem.

💛 Sosiale & Emosionele doelwitte

  • Ons leer deel met ander

  • Ons is gretig om te help

  • Ons begin reëls verstaan en volg

  • Ons geniet dit om saam met ander te speel

Gr. R (6 jaar)

10 Leerders per klas

Children Painting Together

🎓 Ons Graad R-Klas
Graad R is ontwerp as die brug tussen kleuterskool en Graad 1. Hier fokus ons op die ontwikkeling van jou kind se kognitiewe, sosiale, emosionele en fisiese vaardighede in ’n warm en koesterende omgewing.

Kinders neem deel aan speelgebaseerde leer wat nuuskierigheid, kreatiwiteit, taalontwikkeling en basiese syfervaardighede aanmoedig.

🌱 Deur die jaar sal jou kind:

  • Fundamentele vaardighede versterk soos tel, letterherkenning en probleemoplossing

  • Deelneem aan groepaktiwiteite wat spanwerk, selfvertroue en kommunikasie bou

  • Artistieke en fisiese uitdrukking verken deur kunsvlyt, musiek en beweging

  • Roetines leer wat hulle voorberei vir ’n meer gestruktureerde skooldag

🎉 ’n Spesiale afsluiting
Ons sluit die Graad R-jaar af met ’n gradeplegtigheid, ’n baie spesiale oomblik vir ons leerders, hul gesinne en vir ons as Tjokkerjol-familie.

Classroom with utensils

Naskool

10 Leerders per klas

🌟 Ons Naskool
By Tjokkerjol is ons leerders se veiligheid uiters belangrik. Daarom gaan haal ons hulle by hul klasse en vervoer hulle veilig na die kleuterskool. Ouers word altyd op hoogte gehou sodat hulle met gemoedsrus weet hul kind is veilig.

🏃 Speel en ontspanning
Ons naskool bied ’n lekker groot speelarea met natuurlike gras waar kinders kan hardloop, rol en hulself uitleef.

🎉 Vakansiesorg
Vakansiesorg is heeltemal gratis! Ons maak vakansietye altyd lekker en vol pret, sonder enige ekstra kostes vir aktiwiteite.

📘 Huiswerk en leerondersteuning
Ons bied voldag naskoolversorging aan waar ons kinders help om hul huiswerk te voltooi, spelwoordjies te leer en wiskunde vir klastoetsies te oefen. (Ons help ongelukkig nie met opstelle skryf nie.)

🚗 Buitemuurse aktiwiteite
Ons vervoer ons naskool-leerders na hul buitemuurse aktiwiteite teen geen addisionele kostes. Ouers word steeds ten alle tye op hoogte gehou.

🌱 ’n Rustige leeromgewing
Ons naskool is apart van die kleuterskool, wat ’n rustige atmosfeer skep waar kinders beter kan konsentreer op hul huis- en leerwerk.

bottom of page