top of page
Sneakers and Teddy Bear

Baba Bederf

Ons baba sorg afdeling is ons absolute trots!

Met 'n gekwaslifiseerde onderwyseres met die nodig noodhulp opleiding asook 'n assistent vir ons 5 kleine lyfies per klas sorg dat elke babatjie in ons familie die nodig individuele aandag geniet. Ons baba afdeling is apart van die ander jongspan se gegons om 'n rustig en kalm atmosfeer te skep. Met tyd soos ons kleine lyfies ouer word word 'n blootgestel om aan al die ander maatjies sodat dit nie vreemd is vir dag as hul gereed is om na die groter klassie te beweeg nie.

Ons klein maatjies is ook bederf met hul eie lekker buite speel area

Kleine lyfies op borsmelk en lapdoeke is net so welkom by ons! Ons respekteer elke lyfie se behoeftes.

Gesels gerus met ons indien jy enige ander spesiale behoeftes vir jou kleine pienkvoet het.

Sleeping Baby
DSC_0006.jpg
Sleeping Baby

Hoe help ons, ons kleine lyfies vorm na hul eie identiteit?

IMG_3486.JPG
  • In hierdie klas is higiëne uiters belangrik.

  • Ons begin baba in ‘n goeie eet, drink en slaap roetine kry.​

  • Ons fokus op hulle mylpale en pas aktiwiteite volgens mylpale aan.

  • Ons integreer sensoriese of tasstimulasie deur middel van bloodstelling aan verskillende  teksture.

  • Goeie kinestesie veroorsaak dat kinders voldoende terugvoer ontvang vanwaar hulle ledemate hul in die ruimte bevind.​

  • Ons ontwikkel ook doeltreffende oogkoördinasie deur middel van spel en lekker oefeninge met eenvoudige apparat soos helium balonne, bubbles ens.

  • Bilaterale integrasie en lateraliteit vorm ook ‘n groot deel van ons daaglikse programmetjie.

  • Ons speel baie speletjies waar ons midlynkruising aanmoedig deur middel van rol, die bal met die teenoorgestelde handjie vat, kouse van hande en voete aftrek, kolle aftrek.

  • Ons bevorder ook ruimtelike oriëntasie , deur middel van aktiwiteite soos linte aan hoepels oor hulle te laat sak, deur voorwerpe te kruip, bo oor goed te klim, onder deur te seil. Ons trek ons babatjies op komberse en swaai hulle gereeld. Hierdie aktiwiteite bevorder ook balans.

  • Ons doen ook taalontwikkeling met hulle deur middel van boekies lees en eenvoudige voorwerpe te benoem, liedjies te sing.

  • Ons doen ook lekker eenvoudige musiek instrumente, om musiek waardering aan te moedig.​

  • Ons doen ook fynmotoriese koördinasie oefeninge met hulle soos om blokkies op mekaar die pak, voorwerpe in ‘n houer te sit of uit ‘n houer te haal.

  • Ons doen babamasering tydens doekruiltyd met ferm diep drukking, ons benoem liggaamsdele tydens massering om liggaamsbewustheid aan te moedig.

Ons skep 'n huislike, vrolike & liefdevolle omgewing vir ons babatjies

DSC_0013.jpg
AMI_0008.jpg
bottom of page