Daar waar ons speel-speel ons lyfies slim leer
3 maande tot 6 jaar (Gr. R)
Kleuterskool, Aparte Naskool
Daar waar ons speel-speel ons lyfies slim leer


🍼 Ons Babasorg – Ons Trots
Ons babasorg-afdeling is ons absolute trots!
Elke klas het ’n gekwalifiseerde onderwyseres met noodhulpopleiding, saam met ’n liefdevolle assistent wat sorg vir ons vyf klein lyfies per klas. Só kry elke babatjie die individuele aandag wat hy of sy verdien.
Ons baba-afdeling is apart van die ander jongspan, wat ’n rustige en kalm atmosfeer skep. Soos ons kleintjies ouer word, word hulle geleidelik aan die ander maatjies blootgestel, sodat die skuif na ’n groter klassie natuurlik en gemaklik voel.
🌳 Spesiale ruimtes
Ons klein maatjies het hul eie buitespeelarea, perfek vir ontdekking en vars lug.
💕 Omgee en respek
Kleintjies op borsmelk en lapdoeke is net so welkom by ons! Ons respekteer elke baba se unieke behoeftes en pas ons sorg daarvolgens aan.
🤝 Oop kommunikasie
Ouers is altyd welkom om met ons te gesels oor enige spesiale behoeftes vir hul pienkvoet; ons glo in oop, liefdevolle samewerking.



Hoe help ons, ons kleine lyfies vorm na hul eie identiteit?

-
👶 Ons Babaklas
In hierdie klas is higiëne uiters belangrik en ons help elke baba om ’n gesonde eet-, drink- en slaaproetine te ontwikkel. -
🌱 Groei en mylpale
Ons fokus op elke baba se ontwikkelingsmylpale en pas aktiwiteite daarvolgens aan. Sensoriese en tasstimulasie word geïntegreer deur blootstelling aan verskillende teksture, wat hul ruimtelike bewustheid versterk. -
👀 Koördinasie en spel
Met eenvoudige hulpmiddels soos helium-balloontjies en borrels bevorder ons oog-hand-koördinasie. Bilaterale integrasie en midlynkruising vorm ’n groot deel van ons program, met speletjies soos rol, bal-oefeninge en eenvoudige hand- en voetaktiwiteite. -
🌍 Ruimtelike oriëntasie
Ons babatjies ontdek die wêreld deur te kruip, klim, seil en swaai. Hierdie aktiwiteite bevorder balans en ruimtelike oriëntasie, terwyl ons hulle ook op komberse trek en lekker laat lag. -
🎶 Taal en musiek
Ons lees boekies, benoem eenvoudige voorwerpe en sing liedjies om taalontwikkeling te stimuleer. Met eenvoudige musiekinstrumente ontdek hulle die vreugde van klank en ritme. -
🖐️ Fynmotoriese vaardighede
Ons oefen fynspier-koördinasie deur blokkies te pak, voorwerpe in en uit houers te plaas, en papier te frommel en skeur. Later leer ons om balle te rol en te gooi. -
💆 Babamasering
Tydens doekruiltyd doen ons babamasering met ferm, diep drukking. Ons benoem liggaamsdele om liggaamsbewustheid te bevorder en gee elke baba ’n gevoel van geborgenheid.
Ons skep 'n huislike, vrolike & liefdevolle omgewing vir ons babatjies











